Uitnodiging:

U word uitgenooi om ‘n vol en verrykende lewenstyl te kom geniet binne die veiligheid, gemak en bekostigbaarheid van Hartenrus. Beskikbaarheid van eenhede, beskrywing en prys sal met graagte voorsien word. Vir ‘n aansoekvorm om op die keurlys geplaas te word en enige ander navrae, maak gebruik van die onderstaande ruimte.

Veiligheid en gemoedsrus:

Hartenrus is bedoel vir mense wat ‘n rustige en sorgelose aftrede wil geniet. Die klein en intieme gemeenskap van Hartenrus wat saamstaan en mekaar ondersteun, skep ‘n   gees van samehorigheid wat die oord uiters gesog maak.Hartenrus is nie net ‘n woonplek vir afgetredenes nie.  Dit is ‘n lewenswyse wat aan die inwoners ‘n   aangename verblyf met rus, vrede en gemak bied. Die feit dat ‘n mens te enige tyd in die oord kan rondbeweeg en op mede-inwoners se hulp en   bystand kan staatmaak, dra by tot gemoedsrus en ‘n gevoel van veiligheid.

Mediese dienste:

• Hartenrus beskik oor ‘n puik versorgingseenheid met ‘n volledig toegeruste siekeboeg en kliniek.    Hierdie fasiliteite maak dit ‘n besliste oorweging om verblyf in die oord te bekom.

• Die versorgingseenheid maak voorsiening vir ouer persone wat steeds onafhanklik, maar binne bereik    van verpleeghulp wil wees.  Terselfdertyd word verswakte bejaardes hier versorg.  Die versorgingseenheid het ‘n hegte verbintenis met die Kankervereniging van Suid-Afrika.

• Die siekeboeg waar 10 pasiënte opgeneem kan word, is hoofsaaklik tot die beskikking van   inwoners.  Inwoners met skete en kwale word op ‘n 24 uur-basis deur opgeleide en toegewyde   personeel verpleeg.

• Enige lid van die publiek wat op ‘n deurlopende dag-tot-dag-basis versorging benodig, hetsy vir die   kort-, medium- of langtermyn, kan ook van Hartenrus se verpleegdiens gebruik maak.

• Die verpleegdiensbestuurder beskik oor ‘n praktyknommer.  Die voordeel hieraan verbonde is dat   uitgawes geëis kan word van mediese fondse wat die diens goedkeur.

Uitstaande kenmerke van Hartenrus:

• Gematigde klimaat • Eetsaal
• Vakansie – atmosfeer by ATKV Hartenbos –   strandoord • Vervoer
• Sekuriteitsomheinde kompleks • Biblioteekdiens
• Naby George – lughawe • Administratiewe kantoor
• Naby uitstekende mediese dienste en hospitale • Bekostigbare heffings.
 • Sosiale aktiwiteite • Loopafstand van sakekern en die strand
 • Vriendelike en behulpsame inwoners en personeel. • Naby rolbal- en gholfbane en gimnasium
Histories agtergrond:

Deur die ywer van die destydse Hartenbos Munisipale Raad is die droom van ‘n aftree-oord in Hartenbos verwesenlik.  Die heel eerste inwoners het in 1994 hul intrek geneem.  Reg van die begin af het hulle hul dit ten doel gestel om van Hartenrus ‘n pragoord te maak.  Die amptelike inwyding van Hartenrus het op 19 Augustus 1995 plaasgevind.

inig-640-x-427
picture-1200
picture-1200g